Tuisblad

LET WEL: SARL nuus/ SARL news en Amateurradio today kan vanaf http://www.podpage.co.za afgelaai word
PLEASE NOTE: SARL Nuus/ SARL news and Amateur Radio Today may be downloaded from http://www.podpage.co.za



Dagsê en welkom hier by Amateurradio in Aksie

"Amateurradio in aksie" is 'n Afrikaanse nuus en tydskrif program wat deur verskeie vrywilligers vervaardig word vir die luistergenot van radio amateurs asook elektronika entoesiaste. Sover moontlik probeer ons elke week nuwe en vars inligting aan jou bring. Blaai so bietjie rond en laai gerus van die programme af. Ons gee nie om as jy die program gebruik om jou klub bulletins bietjie aan te wakker nie. Probeer tog maar onthou om erkenning te gee, ons waardeer darem die bietjie aandag so nou en dan.

Al die musiek wat gedurende die program gebruik word is vrygestel van kopiereg en as sulks is daar geen tantieme of ander regte betaalbaar nie. Ons dank aan Kevin Mcleod vir die beskikbaarstelling van sy wonderlike klank argiewe vir hierdie doel.