Doelwit

Ons het besluit om met die nuwe 2015 reeks programme meer te fokus op die praktiese sy van hoe ons amateurradio bedryf.

So gesels ons byvoorbeeld oor die ontwikkeling van alternatiewe energiebronne vir die radioamateur. Ons kyk ook na praktiese antenne oplossings en veiligheid in en om jou radio hok.

Dan kuier ons ook by kenners wat hul besondere kennis en ondervinding met ons deel.