Meer

Wat is 'n kliekrubriek?

'n Kliekrubriek is 'n opname wat gekoppel word aan relevante inligting en gestoor word in so formaat dat dit toeganklik is vir RSS voere.

RSS of te wel "Real simple syndication" voere word saam met RSS leser sagteware gebruik om die gebruiker in kennis te stel van nuwe opnames of programme wat beskikbaar gemaak word deur bydraers. So kan jy die nuustste, varste nuus kry sodra dit beskikbaar gestel word.

Moeg gewag vir die program of nuusbulletin om beskikbaar gestel te word?

Wel hier is die antwoord, 'n eenvoudig om te gebruik RSS leser is "Juice", 'n kruis platform leser en aflaaier.

Stel juice op om die kliekrubriekblad dop te hou en sodra die nuutste program of bulletin gelaai is word jy daarvan in kennis gestel. Dit kan selfs so opgestel word dat dit die program outomaties aflaai vir jou. (Die rekenaar moet darem aangeskakel wees)

Kry Juice deur op die logo hiernaas te klik

 

Besoek ons kliekrubriek bladsy hier