Wat's jou storie?

 

Raak betrokke!

Kom deel in die pret van die program deur self insetsels aan ons te stuur. Jy kan jou storie vir ons in teksformaat stuur deur hier te klik of jy kan ook jou oudio insetsel aan ons stuur deur hier te klik. Indien jy 'n oudio opname wil stuur vra ons dat dit asseblief in .mp3 formaat opgeneem is teen nie minder nie as 128 kbit/s resolusie. Ons verkies ook dat die insetsel ongeveer 3 tot 5 minute lank is. Die rede hiervoor is dat "Amateurradio in aksie" ook nou op kommersiële radio uitgesaai word en ons dus 'n hoë klank en tegniese gehalte moet handhaaf. Let ook daarop dat die normale reëls in bepalings van taalgebruik en ander inhoud geld.

 

Ons verwelkom bydraes van luisteraars

Mense wat hul ondervinding en kennis met ander wil deel is baie welkom om deur middel van hierdie bladsy te doen. Indien jy 'n audio bydrae wil maak stuur gerus vir ons 'n e pos boodskap.  Of dit nou 'n eenmalige bydrae is of selfs 'n weeklikse bydrae almal is welkom om inligting aan ons te stuur.

Let wel: Materiaal aan ons gestuur mag dalk nie geskik wees vir uitsending nie of mag dalk nie binne ons tydraamwerk val nie. Amateurradio In Aksie asook die vervaardigers, bydraers, van die program aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verliese wat enige iemand dalk mag ly as gevolg van die uitsending/ nie uitsending van items nie.